Limpopo-munisipaliteite vaar beter met oudits

Die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, sê die positiewe uitslae van die 2020/2021-boekjaar se munisipale oudits is goeie nuus. Die premier se woordvoerder, Willy Mosoma, sê daar was ‘n merkbare verbetering in oudit-uitslae, veral in die negatiewe en afgekeurde menings oor munisipaliteite soos Mogalakwena en Thabazimbi. Hy sê hulle sal steeds verseker die plaaslike regering is ‘n verantwoordbare administrasie vir die mense wat hy bedien: