Limpopo bevestig eerste cholera-geval

Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, sê die provinsie se eerste cholera-geval is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes bevestig. ‘n Zimbabwiese burger het Vrydag by die Musina-hospitaal opgedaag met simptome soos diarree, naarheid en ontwatering. Ramathuba sê alhoewel hulle ‘n positiewe uitslag ontvang het, het die pasiënt se toestand intussen verbeter en hy sal later ontslaan word: