Boris se WhatsApps is privaat – kabinetskantoor

Die Verenigde Koninkryk se kabinetskantoor het herhaal dat hy weier om sommige van die voormalige eerste minister, Boris Johnson, se WhatsApp-boodskappe aan die Covid-ondersoek te oorhandig. Die regering het in 2021 opdrag gegee dat ondersoek ingestel word na die land se gereedheid, asook die ekonomiese en openbare gesondheid se reaksie op Covid-19. Die ondersoek onder leiding van afgetrede regter Heather Hallett, het notaboeke, dagboeke en WhatsApp-boodskappe tussen Johnson en 40 senior regeringsamptenare aangevra. Die kabinetskantoor sê van die inligting is van privaat en persoonlike aard. Intussen is Johnson se oortredings tydens die land se inperkings, aan die Britse polisie oorhandig. Hy het reeds ‘n skulderkenning in die verband betaal.