Likwidateurs moet Air Namibia pakkette betaal, nie regering nie

Die 636 werknemers van die nou bankrot Air Namibia wag steeds op hulle skeidings pakkette. Die finansminister Ipumbu Shiimi het in die Nasionale Vergadering bevestig dat die regering hul salarisse reeds betaal het maar, dat die pakkette die verantwoordelikheid van die likwidateurs is. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met Ian McClaren gepraat en hy het bevestig dat hulle nog poog om bates van die redery te verkoop om die geld in te kry. Hy het ook bevestig dat alle krediteure van die redery, insluitend die geld wat aan werknemers geskuld word, gelyk behandel word. Die arbeidshof het reeds in Januarie die aansoek deur die werknemers dat die regering die pakkette moet betaal, van die hand gewys.