Likwidasies in SA styg

Statistieke Suid-Afrika sê die finansiering, versekering, vaste eiendom en sakedienste is verlede maand die swaarste getref deur likwidasies, met 77 aangeteken. Altesaam 216 likwidasies is in alle sektore aangeteken, wat ‘n toename van 49 persent is in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Vrywillige likwidasies het met 61 sake toegeneem en verpligte likwidasies het met 10 sake toegeneem. Die totale aantal likwidasies in die eerste kwartaal vanjaar het met 18,9 persent gestyg vergeleke met die eerste kwartaal van 2020.