Likwidasie-saak van Steinhoff volgende week in die Wes-Kaapse Hooggeregshof

Die likwidasie-saak van Steinhoff gaan volgende week in die Wes-Kaapse Hooggeregshof begin nadat ‘n aansoek om uitstel van die hand gewys is. Steinhoff staar likwidasie in die gesig nadat die vorige eienaars van Tekkie Town aangevoer het die destydse uitvoerende hoof, Markus Jooste, het hulle bedrieg deur aandele in die skoenwinkel-groep vir aandele in Steinhoff te verruil. Die hof het Steinhoff se aansoek om uitstel geweier en hom ook opdrag gegee om Tekkie Town se regsverteenwoordigers te betaal.Die saak kom Dinsdag voor.