Liggaam van babameisie op Oshakati ontdek van babameisie op Oshakati ontdek

‘n Lewelose liggaam van ‘n babameisietjie is in ‘n rivierbedding by die Eemwandi-woonbuurt in Oshakati in die Oshana-streek ontdek. Die liggaam, wat in ‘n sak geplaas is, is deur ‘n verbyganger ontdek wat die polisie in kennis gestel het. Die Namibiese polisie in die Oshana-streek doen ‘n beroep op lede van die publiek om hulle te help om die ma van die oorlede babameisietjie op te spoor. Die waarnemende streeksbevelvoerder, adjunk-kommissaris Ottilie Kashuupulwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit lyk of die liggaam vanoggend vroeg weggegooi is.