Lid van Swapo-jeugliga kry borg van N$10 000

Landdros Celma Amadhila het borgtog van 10 000 Namibiese dollar aan Sylas Mungoba in die Windhoek-landdroshof toegestaan. Mungoba, ‘n lid van die Swapo-jeugliga, word daarvan beskuldig dat hy ‘n protesoptog vir die vrylating van die Fishrot-beskuldigdes wou organiseer. Hy het na bewering geld aan aktiviste van die Affirmative Repositioning-beweging aangebied om die protesoptog te laat realiseer. Die beskuldigde se saak is tot 2 September uitgestel. Die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, Josephine Nghituwamata, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.