Lid van ANC se NUK gooi sy gewig agter Ramaphosa

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Ronald Lamola, het sy gewig agter Cyril Ramaphosa gegooi om ‘n tweede termyn as partypresident te dien. Die regerende party maak gereed vir sy 55ste verkiesingskonferensie in Desember vanjaar. Lamola, wat ook minister van Justisie en Korrektiewe Dienste is, het gesê die ANC benodig bestendigheid en kontinuïteit.