Landboukenner sê wat die impak van waterskade aan SA mielies op Namibië kan hê

‘n Namibiese landboukenner het gereageer op Graan Suid-Afrika wat sê 20 persent van die produsente in Suid-Afrika het vanjaar meer as 60 persent van hul witmielie-aanplantings verloor weens waterskade. ‘n Verklaring dui aan die waterskade het 15 persent geel mielies, 13 persent sojabone en 17 persent sonneblom verwoes wat tot dusver in die 2021/22-produksieseisoen geplant is. In die Wes-Vrystaat het 39 persent van die produsente waterskade aan wit mielies aangemeld. Die Namibiese landboukenner, Wallie Roux, verduidelik of die situasie enigsins ‘n invloed op Namibië sal hê.