Lichtenstrasser hoor vandag oor appèl

Uitspraak in ‘n tweede aansoek om verlof tot appèl deur die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser sal vandag namens die afgetrede regter Christie Liebenberg in die hoërhof gelewer word. Adjunk-regterpresident Hosea Angula is op die bank. Liebenberg het op 6 Junie sy eerste ‘n aansoek van die rol geskrap en het bevind dit was gebrekkig. Liebenberg het Lichtenstrasser op 29 April twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte.