Ramaphosa vaar uit teen geweldsmisdadigersMarch 10, 2025

President Cyril Ramaphosa sê geweldsmisdadigers het geen agting vir die lewens van Suid-Afrikaners nie, insluitend onbaatsugtige en sorgsame burgers wat bekend is vir hul bydraes om mense op te hef. Die president het sy leedwese betoon oor die grusame dood van die bekende mediese dokter en skrywer, Gomolemo Mokae, die fluitjieblaser en geslagsaktivis, Pamela Mabini, en Imam Muhsin Hendricks. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dis alle burgers se wens dat wetstoepassingsagentskappe gewelddadige misdadigers aan die pen laat ry: