Libanese minister gesoek in verband met hawe-ontploffing

Libanese media berig dat ‘n regter ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van die voormalige Libanese minister van openbare werke, Youssef Finianos, uitgereik het. Die regter is genoodsaak om die stap te neem omdat Finianos nie opgedaag het om vrae te beantwoord oor die massiewe ontploffing by Beirut se hawe in Augustus 2020 nie. Finianos word ook verbind aan Hezbollah. Die ontploffing is veroorsaak deur ammoniumnitraat wat vir jare lank onveilig geberg is. Honderde is dood in die ontploffing en groot dele van die hoofstad is verwoes.