Liam, 6, publiseer sy (eerste) boek

Die ses-jarige Liam Tait is die jongste lid van die George-biblioteek in die Wes-Kaap om sy eerste boek, The Dream of Animals, te publiseer. Die boek is bekend gestel as deel van Geletterdheidsmaand. Die woordvoerder van die George-munisipaliteit, Debra Sauer, sê Liam, ‘n graad een leerder van die Holy Cross Primary School, het die boek geskryf omdat hy van diere hou: