LGBTQ-groep vra dat Ombudsman ingryp

Namibia Equal Rights Movement veroordeel die beweerde hardhandigheid van die Namibiese polisie teenoor LGBTQ-ondersteuners. Volgens plaaslike media is ‘n man en ‘n vrou in Zoopark in Windhoek in hegtenis geneem ná hulle ‘n Gay-pride-vlag gewapper het naby minder as 150 ondersteuners van die Christelike Koalisie van Kerke van Namibië wat teen die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslag-huwelike betoog. Die anti-gay groep het glo op die twee LGBTQ-ondersteuners toegesak, die polisie geroep en aangedring dat die twee in boeie geslaan word. Namibia Equal Rights vra dat die ombudsman moet ingryp nadat traangas ook glo gebruik is.