LGBTQ-gemeenskap mobiliseer vir volgende week

Volgende week is ‘n belangrike week vir die Namibiese LGBTQ-gemeenskap. ‘n Appèl sal aangehoor word in verband met Guillermo Delgado se aansoek om verblyf in die land as gevolg van sy huwelik aan die Namibiese Phillip Lühl, sowel as uitspraak oor die burgerskap van die egpaar se kinders. Die Namibia Equal Rights Movement het sy lede reeds daaraan herinner dat hulle ondersteuning nodig sal wees.