LGBTQ-aktiviste: VN moet druk op Uganda plaas

LGBT-aktiviste sê die Verenigde Nasies moet druk op Uganda se regering plaas om sy wetsontwerp teen homoseksualiteit te laat vaar. Die Ugandese regering het die wetgewing aanvaar, maar die President Yoweri Museveni moet dit nog onderteken. Indien die wetgewing deurgevoer word sal selfdegeslag-verhoudings ‘n strafregtelike oortreding in Uganda wees waarvoor oortreders gevangenisstraf of selfs die doodstraf opgelê kan word. Aktiviste teen die beoogde wetgewing sê die VN moet wêreldleiers vra om hulle teen die wetgewing uit te spreek.