‘Lesufi misbruik werklose jeug as verkiesingsfoefie’July 17, 2023
ActionSA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se ‘Nasi Ispani’-werksprojek is ‘n ondoeltreffende verkiesingsfoefie wat desperate werklose jeugdiges mislei terwyl geen hoop van voltydse werk gebied word nie. Lesufi het aangekondig die program het 1,2 miljoen aansoeke ontvang, maar daar is slegs 8 000 werksgeleenthede beskikbaar. Lerato Ngobeni van ActionSA sê hierdie jongste verwikkeling bied ActionSA se omvattende regsproses meer mag om hierdie foefie bloot te lê en die misbruik van werklose jeugdiges as deel van die ANC se 2024-verkiesingsveldtog, te voorkom: