Lesufi kan nie bendegeweld hanteer of beheer nie

Die DA in Gauteng sê nie premier Panyaza Lesufi of sy sogenaamde misdaadbestryders het die vermoë of toewyding om bendegeweld by die horings te pak nie. In die jongste voorval is ʼn vermeende leier van die berugte Varadas-bende in Westbury buite ʼn gimnasium aan die Wes-Rand, vermoedelik in ʼn sluipmoordaanval, doodgeskiet. Crezane Bosch van die DA sê hulle doen ʼn beroep op Lesufi om onmiddellik ʼn onafhanklike kommissie van ondersoek aan te stel om die ongebreidelde bendegeweld in die provinsie te ondersoek: