Leopard 2-tenks: Duitsland steeds huiwerig, maar sal nie in Pole se pad staan nie

Duitsland se minister van buitelandse sake, Anna Baerbock sê hulle sal nie in Pole se pad staan indien Pole 14 Leopard 2-tenks na Oekraïne wil stuur nie. Oekraïne het ‘n beroep op Westerse lande gedoen om die Duits-vervaardigde tenks aan hulle te verskaf om hulle verdediging teen Russiese magte te versterk. Duitsland het egter nog nie ‘n besluit geneem om self die tenks te verskaf nie, en Duitse uitvoer-wette verhoed ander lande om hulle Duits-vervaardigde tenks te stuur. Baerbock het aangedui dat Pole nog nie gevra het vir toestemming om die tenks na Oekraïne uit te voer nie, maar sê hulle sal nie so ‘n aansoek afkeur nie.