Lening vir waterversuiwering word verwelkom

Die finansministerie bied vandag ‘n ondertekeningseremonie van ‘n leningsooreenkoms tussen Namibië en die Duitse KFW Ontwikkelingsbank aanbied. Die finansminister, Ipumbu Shiimi, en Beatrice Lucke, wat KFW verteenwoordig, sal amptelik die deurslaggewende leningsooreenkoms teken wat die rehabilitasie en uitbreiding van die Gammams en Otjomuise-afvalwatersuiweringsaanlegte sal finansieer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat wat sê dat die ooreenkoms verwelkom word.