Len Cloete se familie stel privaat ondersoeker aan

Die familie van ‘n man van Pretoria wat die naweek by Muldersdrift na bewering deur ‘n polisieman in die kop geskiet is, het ‘n saak van poging tot moord teen die plaaslike polisie geopen. ‘n Ondersoeker vir Gespesialiseerde Veiligheidsdienste, Cecil Benade, sê Len Cloete se familie het hom aangestel as privaat ondersoeker. Cloete is in ‘n koma nadat hy geskiet is toe hy na bewering tydens ‘n rusie ‘n vuurwapen by ‘n ander beampte gegryp het.