Lekker rugby vanmiddag

Rugby: Die Springbokke se kaptein, Siya Kolisi, sê die span beskou vandag se Kampioenskapstoets teen Argentinië in Gqeberha as net so belangrik as die pas-afgelope reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Hy het met die media gepraat oor die reeks teen die Pumas, die All Blacks en die Wallabies. Kolisi sê vandag se wedstryd is ‘n totaal ander uitdaging en nadat die spelers die reeksoorwinning oor die Leeus gevier het, het hulle onmiddellik begin voorberei vir die volgende hoofstuk. Die wedstryd begin vanmiddag vyf oor vyf in die Nelson Mandelabaai-stadion.