Lekker rugby vanmiddag

Rugby: Die Springbokke meet vanmiddag kragte teen Argentinië in die Kampioenskapstoets in Gqeberha en sal hul beste moet lewer nadat die tweede span die besoekers verlede week geklop het. Afrigter, Jacques Nienaber, het verskeie veranderinge vir die wedstryd aangebring alhoewel hul ‘n week gelede 32-12 gewen het, sonder die meeste spelers wat in die reeks teen die Britse en Ierse Leeus was. Die res van die kampioenskap is in onsekerheid gehul, met ‘n moontlikheid dat wedstryde na Europa of selfs Suid-Afrika geskuif kan word.