Lekker rugby vandag in Kaapstad

Rugby: Ondersteuners kan nie wag vir sesuur vanaand nie wanneer die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus mekaar in die eerste van drie toetse in die Kaapstad-stadion pak. John Smit, wat die Springbokke tydens die Leeus se toer na Suid-Afrika in 2009 gelei het, sê die senuwees en die groot verwagting in die reeks teen die Leeus is onbeskryflik. Die Bokke het die 2009-reeks met 2-1 gewen. Smit het aan die media gesê sommige van die grootste Springbokke het nooit die geleentheid gekry om teen die Leeus te speel nie, wat die kragmetings baie spesiaal maak vir die wat wel die kans kry.