Lekker rugby vandag

Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Mzwandile Stick, sê die span is baie lief vir Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, en sy skorsing sal hulle motiveer om in sy afwesigheid net beter te speel. Wêreld Rugby het Erasmus geskors vir ‘n video wat gedurende die Britse en Ierse Lions-toer gemaak is. Hy sal nie toegelaat word om in enige hoedanigheid betrokke te wees by vandag se wedstryd teen Engeland op Twickenham nie.Stick het tydens ‘n mediakonferensie gesê Rassie sal in die gees daar wees. Afskoptyd vir die kragmeting is kwart oor vyf vanmiddag Namibiese tyd.