Lekker rugby vandag

Rugby: Die vier sterkste Suid-Afrikaanse franchises sit die naweek hulle wedstryde in die plaaslike weergawe van die Reënboogbeker-reeks voort. Die Sharks verwelkom die Lions vanmiddag vier-uur op Kingspark in Durban en die Stormers en die Bulls pak mekaar kwart oor ses die vanaand in Kaapstad. Die Bulls het in verlede naweek se eerste ronde die aanslag van die Lions afgeweer en die Sharks het die Stormers verslaan.