Lehrmann verkragtingsaak teruggetrek, gevaar vir klaer se gesondheid

Australiese aanklaers sal nie aandring op ‘n herverhoor van ‘n gewese politieke ontleder, Bruce Lehrmann, wat na bewering ‘n kollega, Brittany Higgins, seksueel aangerand het nie. Aanklaers sê volgens nuwe mediese advies sal die beplande herverhoor in Februarie aansienlike en onaanvaarbare gevaar vir die klaer skep. Die 27-jarige Lehrmann ontken hy het Higgins in 2019 op ‘n minister se bank seksueel aangerand na ‘n aandjie uit. Higgins se boesemvriendin, Emma Webster, sê sy ontvang behandeling in die hospitaal want die afgelope twee jaar was moeilik en meedoënloos.