Leeus vat vyfde oorwinning

Die Leeus vier hulle vyfde oorwinning in die Verenigde Kampioenskapseisoen ná ‘n teleurstellende begin in die kompetisie. Hulle het Osprey gisteraand op Ellispark met 45-15 verslaan. Die tuisspan het sewe drieë ingeryg – twee deur Morné van den Berg – teenoor die Walliese besoekers se twee. Die Stormers speel vanmiddag in Kaapstad teen Ulster. Die Haaie meet in Durban kragte teen Edinburgh en die Bulle en die Dragons pak mekaar vanaand in Pretoria.