Leeus vang 30 bokke by Torra, een boer aangeval

Dit wil voorkom asof konflik met woestyn-aangepaste leeus in die noordweste van die land steeds toeneem. Volgens Izak Smit van die Desert Lions Human Wildlife Relations Aid-organisasie moet die huidige bestuursplan vir konflik hersien word omdat dit nie werk nie. Die jongste berigte lui dat 30 bokke by Avanti in die Torra-bewaringsgebied deur leeus doodgebyt is, ook dat een van die boere ook deur een van die leeus noordoos van Tomakas by die Otjikondavirongo-nedersetting aangeval en gebyt is. Die leeu is van kant gemaak. Smit het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.