Leerplanne moet aangepas word

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op die ANC-regering om aan die toekoms te dink en tekortkominge in die onderwyssektor aan te spreek. Makaneta wil hê die owerhede moet leerplanne in pas kry met groeiende behoeftes in die wêreld-ekonomie voordat dit te laat is. Hy sê die feit dat die opvoedkundige stelsel leerders steeds leer om eerder werksoekers te wees, is ‘n bron van kommer: