Leerders maak klaskamers skoon, verdien N$40 000 maandeliks

‘n Amerikaanse skole-distrik het dringend 18 opsigters nodig gehad en hulle het toe begin om leerders aan te stel om klaskamers ná klasse skoon te maak. Dié ongewone werk-studie-program wat by die Hoërskool Blaine van stapel gestuur is, is vir leerders van sestien jaar en ouer. Hulle word die ekwivalent van 230 Namibiese dollar per uur betaal. Volgens Amerikaanse media is dit gelykstaande aan ‘n maandelikse salaris van byna 40 000 Namibiese dollar. Blaine is die grootste skooldistrik in Minnesota.