Leerders in Delft ingelig oor verkragting en seksuele geweld

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, in samewerking met Lulwazi Lwethu en die Kwanele-stigting, gaan vandag op ‘n uitreikprogram om met hoërskoolleerders in Delft, Kaapstad, te praat. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die doel is om bewustheid te skep oor verkragting en seksuele geweld. Sy sê hulle wil ook oop gesprekke en doeltreffende ondersteuningsnetwerke vir jeugdiges in die gemeenskap aanmoedig binne die nasionale raamwerkstrategie vir adolessente se seksuele en voortplantingsgesondheid en -regte.