Leerders het tans angs, en eksamens is op pad

Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie Nanso, het sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake by skole regoor die land met roterende skoolbywoning en ander uitdagings as gevolg van Covid. Dylan Mukoroli, die organisasie se Woordvoerder sê leerders ervaar op die stadium hoë vlakke van angs, veral met die pandemie… en dat hulle nie gereed is vir die eksamens nie. Hy verduidelik.