Leerder (21) vas na fetus in koshuis se meisiestoilet gevind is

‘n Leerder van die Maria Mwengere Sekondêre Skool in die Kavango-Oos-streek is in hegtenis geneem nadat ‘n fetus in die skoolkoshuis ontdek is. Volgens die Namibiese polisie het die 21-leerder glo die fetus in die meisiestoilet van die koshuis gegooi nadat sy haar swangerskap beëindig het. Sy is tans onder polisiebewaking in die Rundu-staatshospitaal waar sy behandeling kry. Sy sal in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan is.