Lauren Dickason het moorde met voorbedagte rade gepleeg

‘n Kenner is van mening dat die Suid-Afrikaanse vrou Lauren Dickason was nie psigoties toe sy haar drie jong dogters in September 2021 in Nieu-Seeland vermoor het nie, kort nadat die gesin uit Pretoria verhuis het. Dickason het in die hooggeregshof in Christchurch waansin en kindermoord gepleit. ‘n Forensiese psigiater, Simone McLeavey, het getuig sy glo Dickason se optrede was met voorbedagte rade. Sy het tydens kruisondervraging gesê Dickason het vir haar vertel sy het eers die tweejarige Karla vermoor en daarna haar tweelingsussie, Maya, en die sesjarige Liané, omdat Karla demonies was en gegil en vurige gedrag getoon het.