Laura hoop haar ervaring sal môre in Adelaide ‘n verskil maak

Die tafel is gedek vir ʼn opwindende kragmeting op die Adelaide Oval wanneer die Protea-vrouespan Australië môre in die eerste van drie internasionale eendagwedstryde takel. Die onlangse T20-reeks tussen die twee spanne was baie mededingend en het met twee-een in die tuisspan se guns geëindig. Die Protea-kaptein, Laura Wolvaardt, speel vir die Adelaide Strikers in die vroue se Big Bash-liga in Australië. Sy sê haar ervaring met die plaaslike toestande sal hopelik waardevol wees vir die span: