Elke deel van vangste in visbedryf moet benut word

Die stigterslede van die nuwe Namibia Ocean Cluster het hulle daartoe verbind om vermorsing tot die minimum te beperk en die sosio-ekonomiese voordele van elke vis wat in Namibië geoes word, ten volle te ontgin. Dié verbintenis is by ’n openbare geleentheid in Walvisbaai geformaliseer waar die ses stigterslede en drie verenigingslede van die oseaankluster ‘n dokument onderteken het dat hulle visseryhulpbronne meer effektief sal gebruik. Die kluster se voorsitter, Pierre le Roux, het by die geleentheid gesê die visbedryf moet elke deel van die vangs wat aan hulle toegeken word, met minimum vermorsing benut.