Larkham sal Brumbies afrig

Die Wallabies-legende Stephen Larkham is as hoofafrigter van die Brumbies aangestel. Hy neem in 2023 die leisels oor by Dan McKellar, wat hom ná die Super Rugby Stille Oseaan-reeks volgende jaar voltyds by die Wallabies gaan aansluit. Larkham se kontrak met die Ierse klub Munster verval in Julie volgende jaar. Die 47-jarige afrigter het die eerste keer vanaf 2014 tot 2017 die Brumbies afgerig. Hy sê hy sien uit om die ervaring wat hy die afgelope paar jaar opgedoen het, na die klub terug te bring en só hul volgehoue sukses te verseker.