Langste vrou in die wêreld vlieg vir die eerste keer

Die 24-jarige Rumeysa Gelgi van Turkse afkoms, was eens in 2014 die wêreld se langste tiener, maar sy is tans die langste vrou in die wêreld met ‘n lengte van 2,1 meter. Sy kon onlangs vir die eerste keer van Turkye na San Francisco vlieg nadat Turkish Airlines ses sitplekke in hul ekonomiese klas verwyder het en dit met ‘n spesiale kampbed vervang het. Sy beweeg gewoonlik met ‘n rolstoel of loopraam as gevolg van haar toestand, Weaver-sindroom. Volgens die Guinness World Records hou sy die rekord vir die langste vrou, maar ook rekords vir die grootste hande, langste vingers en langste rug in die wêreld.