Langer skietstilstand by Azovstal nodig

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky vra vir ‘n langer skietstilstand omdat burgerlikes uit bunkers gegrawe moet word onder die Azovstal-aanleg. Sy aanmerkings kom te midde van toenemende aanvalle deur Rusland op die aanleg. Rusland se weermag het belowe om sy bedrywighede in Azovstal vandag tot Saterdag te staak om burgerlikes toe te laat om ontruim te word en sê humanitêre korridors is in plek. Lede van die Oekraïnse weermag weier om die aanleg te verlaat en sê hulle sal aanhou verdedig.