Langafstand-passasierstreindiens het probleme

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika sê die hervatting van sy hooflyn-passasiersdiens se langafstand-treindiens was nie sonder probleme nie. Die Shosholoza Meyl-treindiens van Johannesburg na Durban en Kaapstad het hervat. Prasa sê van die grootste probleme is die land se tekort aan lokomotiewe, terwyl sommige van dié wat beskikbaar is, onbetroubaar is. Hy sê dit kan lei tot vertragings en selfs kansellasies. Die agentskap sê egter hy bly verbind om die langafstand-treindiens te laat herleef.