Konvooi onwettige immigrante onderskep

Limpopo se provinsiale opsporingspan het ‘n konvooi motorvoertuie onderskep met ongedokumenteerde buitelandse burgers wat van Zimbabwe op pad was na Polokwane toe. Daar was na bewering 133 ongedokumenteerde kinders, vroue en mans in die voertuie. ‘n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê beamptes het gereageer op inligting wat ontvang is en het daarin geslaag om elf motorvoertuie op te spoor wat langs die N1-Noord buite Polokwane was.