Lang waglys vir katarak-operasies

Die Windhoek Sentrale Hospitaal se oogkliniek het tans sowat 1 300 mense op sy waglys vir katarak-operasies. Daar is ‘n behoefte aan ‘n ten volle funksionele teater met gespesialiseerde masjinerie by kliniek. Slegs vier oogspesialiste is in diens van die staat, waarvan twee elk in Windhoek en die Noorde gesetel is. Slegs twee van die vier spesialiste is voltyds. Die internasionaal-bekroonde Namibiese oogarts, dr. Helena Ndume is, ondanks die feit dat sy afgetree het, steeds op ‘n deeltydse basis in diens van die staat. Sy sê die lang waglys kon iets van die verlede gewees het, sou die regering die broodnodige voorrade direk van die vervaardiger gekoop het. Sy sê ‘n ooglens kos 180 Namibiese dollar, maar die middelmanne wat tender, vra 600 dollar per lens.