Rugby: Blitsbokke deur na kwarteindronde in Hongkong

Rugby: Die Springbok-sewes het twee van hulle drie Groep-D-wedstryde in Hongkong gewen. Hulle het die toernooi met ‘n sege van 14-7 teen Ierland afgeskop en Kenia ook met 26-7 in hulle laaste groepwedstryd geklop. Maar Nieu-Seeland was weer te goed vir die Blitsbokke en die Kiwi’s het met 12-7 geseëvier. Hoewel die Suid-Afrikaners deur is na die kwarteindronde in Hongkong, sal hulle môre alles moet uithaal na hulle onlangs lelik die aftog moes blaas in Los Angeles en Vancouver.