Lang pad voor finalisering van minimum loon

Die Namibiese ministerie van arbeid en werkskepping het vroeër vanjaar die lone-kommissie aangestel om ‘n nasionale minimum loon vir alle werkers in die land vas te stel. Kosmos 94.1 Nuus was in gesprek met die voorsitter van die lone-kommissie, Marius Kudumo. Hy het gesê daar is nog ‘n lang pad voor die nasionale minimum loon gefinaliseer is.