Landwye versetoptrede teen Eskom, Pravin begin

Die African People’s Convention het begin met landwye versetoptrede. Die veldtog het Woensdag by Eskom se Megawatt-park in Sandton, Gauteng, begin. Die leier van die party, Themba Godi, sê die veldtog eis die bedanking van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, die Eskom-raad, en sy bestuur, weens die versuim om die beurtkrag-kwessie op te los. Godi sê meer betogings sal môre in Mpumalanga en Limpopo plaasvind, asook in Bloemfontein in die Vrystaat.