Lande staan Indië by

Die Verenigde State, Frankryk en die Verenigde Koninkryk is van die lande wat begin het om mediese toerusting, insluitend ventilators en ander hulpbronne, na Indië te stuur, in ‘n poging om die toename in korona-virus gevalle in die land te bestry. Indië het tot dusver 17 miljoen Covid-19 gevalle aangeteken en ervaar ‘n tekort aan ventilators en suurstof. Die VSA gaan onmiddellik die bestanddele vir entstowwe aan Indiese entstofvervaardigers voorsien; terwyl die Verenigde Koninkryk meer as 600 stuk mediese toerusting stuur.