Jongste oor Covid-gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 105 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Mariental en Tsumeb het onderskeidelik 11 elk, Outjo en Rehoboth 10 elk, Swakopmund 8 en Windhoek 5. Die res is landwyd versprei. Vyftien leerders en 16 onderwysers het positief getoets vir die virus. Daar is op die oomblik 1 582 aktiewe gevalle waarvan 107 in die hospitaal en 40 in intensiewe sorgeenhede behandel word en 45 558 oftewel 95% van gevalle het reeds herstel. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 624.