Landbouministerie sê daar is gif teen sprinkaanplae beskikbaar

Die sprinkaanplaag in die Karas-streek is besig om hand-uit te ruk met swerms sprinkane wat volgens die landbouministerie oor ‘n gebied van 1,2 miljoen hektaar in die Karas-streek voorkom, asook in die Hardapstreek by Maltahöhe en Gibeon. Dit is die vierde uitbreking van bruin sprinkane in die Karas-streek. Die swerms het al verskeie padongelukke tussen Grunau en Keetmanshoop veroorsaak en selfs lewens geëis. Die landbouministerie het egter alle beweringe ontken dat daar nie meer gif in die land beskikbaar is nie. Die ministerie het by monde van sy skakelbeampte Jona Musheko aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hulle het gif om die sprinkane te bestry.